Menu Close

Tuisblad

Radio Ritme is ‘n onafhanklike internet radio stasie waarvan die voertaal oorheersend Afrikaans is. Ons stroom na die hele Suid Afrika asook dwarsoor die wêreld. Ons is ‘n gemeenskaps radio stasie wat nie kommersiële winste verdien nie en is gebaseer op Christelike beginsels.

Ons fokus is op die goue treffers van toeka se jare met ‘n pop en rock inslag, maar skroom nie om hedendaagse treffers en enige iets anders ook op te dis nie. Verskeie programme word deur ons omroepers aangebied waarby ‘n ieder en elk aanklank sal vind. Die doel is om vier en twintig uur per dag jou gunsteling musiek aan te bied en jy sal ook op hoogte gehou word van belangrike nuusgebeure en ander sake van belang. Daarmee saam word ‘n platform geskep vir adverteerders en borge om hul dienste aan die luisteraar bekend te stel teen baie bekostigbare pryse.

Besoek ook ons Facebook bladsy, Radio Ritme, vir verdere inligting, en terwyl jy daar is kliek gerus op die ‘Like’ knoppie.

en_USEnglish