Menu Close

Aanbieders:

ALAN VOLSCHENK 

STASIE BESTUURDER & EIENAAR

Die eerste liedjie wat ek kan onthou van my kinder dae was die cover version, Clap Your Hands and Stamp Your Feet van Maria. 

 

Net nadat ek skool verlaat het, kry ek die geleentheid om te DJ en van daar af het ek nog nooit weer terug gekyk nie. Alhoewel musiek nie my werk is nie, spandeer ek baie tyd daaraan en doen verskeie funksies vir partytjies en troues tot klank vir optredes van kunstenaars.

 

Ek kom te hore van Radio Ritme wat begin uitsaai en besluit toe om in te luister. 

Die res soos hulle sê is geskiedenis. 

 

 

 

 

PETER VAN SCHAIK

Met my pa wat Nederlander is, kon ek na skool en verdere studies, vir agt jaar in Nederland gaan woon en werk. Daar was ek gelukkig gewees om bekende groepe en kunstenaars lewendig te kon sien optree. Rolling Stones, Pixies, Collective Soul, Feeder, Marylin Manson, Nickelback, en vele meer.

 

Vanaf 2012 kon ek Onrus weer my permanente tuiste noem. Hier bestuur ek ‘n plaaslike tydskrif, “SPLASH Magazine”, en het ek my tande geslyp in die radio omroep bedryf by Whale Coast FM in Hermanus, onder die mentorskap van Manie Kitching.

 

Na ons pragtige baba dogtertjie se koms in Augustus 2021, het ek eindelik weer tyd om te werk aan my passie, om met ander mense die klanke van goeie musiek te deel.

 

Ek sien uit daarna om die luisteraars se oordromme te terroriseer op Radio Ritme!

 

HARRY PIETERSE 

My eerste ondervinding in die radiowese was by Radio Unique in die klein Oos-Kaapse dorpie, Burgersdorp. 

 

Jare later het my strewe na beter vir my en my familie my gelei na Nelspruit se destydse nuwe radiostasie, Radio Laeveld. Ek was vir bykans 14 jaar betrokke by Radio Laeveld, en kon gemaklik enige van hul programme aanbied.

 

Ek voel gemaklik agter n mikrofoon, beskik oor goeie mensekennis, is welbelese en is uiters sensitief vir luisteraars se behoeftes. n Mens groei saam met jou luisteraars, word lief vir hulle en word deel van die luister gemeenskap.

 

Nou, na vele jare van radio stilte het Wicus van Wyk van Radio Ritme, my genader met n nuwe uitdaging. Ek het dit aanvaar met optimisme.

 

Sien my as ‘n vriend, iemand wat jou gemoed sal aanraak met lieflike, onsterflike musiek en kennis!

Ek deel graag my passie met jou!

 

BERT ETSEBETH

Hi daar. Ek het die voorreg om Vrydae aande tussen 19h00 en 21h00, die program Grenslose treffers aan te bied. En ek is van Krugersdorp. Waar is dit lekker…….? Hier is dit lekker. 

 

CHARLENE CHAUVET 

Charlene is ‘n kind van die Allerhoogste, ‘n afgetrede lugduiker en ‘n passievolle tuisskool ma wat lief is daarvoor om die waarheid wat onder die sand weggesteek word deur hoofstroom kanale, in die lig in te bring. Kom kuier saam met haar op Klokslag elke Maandag tot Vrydag, tussen 1 en 3pm vir inspirasie en vrugte vir jou gees.

 

SCHALK SWANEPOEL (SCHALLA)

Reeds van kleintyd af het ek ’n passie vir draadloos gehad. Ek het as’t ware met die ou FMpie teen die oor groot geword, met stasies soos LM Radio, Springbok Radio, die destydse Radio Suid-Afrika, wat later Afrikaans Stereo sou word en steeds later as RSG manifesteer.

 

As tiener het ek my pa oortuig om vir my ’n klein platespeler en bandopnemer te koop, waarmee ek “programme” sou opneem – dít tot groot vermaak van die ganse familie.

 

Maar, my groot deurbraak sou veel later as grootmens kom. Ek brei in meer detail onder my naam Schalk Swanepoel op my blog genaamd “Radiomaties” uit en u kan die opvolgende link gerus volg….

https://radiomaties.wordpress.com/

 

Maar, vir nou gooi ek eers my gewig in by Radio Ritme en jy kan elke Woensdagaand om agt uur by my aansluit vir my program, “Nog een Koppie Koffie,” waartydens ons die ritme vir ’n wyle verruil vir rustigheid terwyl ons die lewe op die keper beskou en sommer net filosofies raak oor die andersins uitdagende lewe soos ons dit daagliks ervaar.

 

ELLEN VOLSCHENK

Ek is Ellen Volschenk. Gebore en groot geword in Pretoria. My man Alan Volschenk ontmoet in Germiston en is getroud in 1994.

Het twee pragtige dogters en woon nou in Kuruman Noord Kaap. Is maar besig met musiek van kliens af en so ook besig met dit saam Alan vir baie jare.

Ek het begin met Radio Ritme was weg vir n ruk en is tans terug net vir n uur elke Vrydag.

 


SWANNIE

Gebore in die laat ’70’s en groot geword en skool gegaan in klein onbekende gehuggie genaamd Pretoria. 

Gekwalifiseer as boilermaker gedurende my vrywillige militêre diens. 

Huidiglik agent vir en verkoops persoon vir ‘n hondekos maatskappy. 

Stokperdjies: Radio en enigiets musiek. 

Hou van: Braai, kuier, lekker vibe en goeie geselskap. 

Het begin uitsaai in 2010 by Waterberg Stereo op ‘n deeltydse basis en in September 2022 aangesluit by die Radio Ritme span met ‘n nuwe radio listigheid. 

Ek deel graag my musiek kennis aand ieder en elk wat goeie musiek waardeer. 

Kom geniet saam met my die helde van gister se treffers op Jukebox Heroes elke maandag aand tussen 18:00 en 20:00 – en lekker party en kuier musiek elke Saterdag aand tussen 18:00 en 20:00